Resensie: Die Uwe, Pottie Potgieter

TUISBLAD

BEELD: Pottie laat giggel terwyl ego piets kry

Corné Coetzee

Wat ’n juweel! Afrikaanse teater wat die grense van die gemaksone net-net oorskry. Die gevolg is lekkerlagvermaak met ’n geniepsige rantjie wat piets waar dit seermaak: die eie ego.

Mardi Gras-teater, Carnival City, Brakpan

Wat ’n juweel!

Want Dana Snyman se stuk is met humor, eerlikheid, raaksien en raaksê in die herkenbare Suid-Afrika van vandag geplaas. Die gehoor het gelê soos hulle lag.

Pottie Potgieter is snaaks (baie), relevant, hartseer (effens) en Afrikaans op ’n manier wat niks te doen het met nostalgiese ouderwetsheid nie.

Albert Maritz se regie wys ’n begrip vir die teks, die gehoor en die kultuur waaruit Pottie Potgieter spruit – en bowenal vir wat op die verhoog werk.

Oor Frank Opperman: Ons weet al lankal die man kan speel. Maar in die solostuk as die meewarige middeljarige het hy ’n spesiale nis gevind waar hy tans skitter soos niemand anders, wit of swart, Afrikaans of andertalig, in die land nie.

DIE UWE, POTTIE POTGIETER het gepremiere by Aardklop, was daarna by Carnival City, JHB

kontak ons: impresa@mweb.co.za