BEELD:
Pottie laat giggel terwyl ego piets kry
Corné
Coetzee
Wat
’n juweel! Afrikaanse teater wat die grense van die gemaksone
net-net oorskry. Die gevolg is lekkerlagvermaak met ’n geniepsige
rantjie wat piets waar dit seermaak: die eie ego.
Mardi
Gras-teater, Carnival City, Brakpan
Wat
’n juweel!
Want
Dana Snyman se stuk is met humor, eerlikheid, raaksien en raaksê
in die herkenbare Suid-Afrika van vandag geplaas. Die gehoor het gelê
soos hulle lag.
Pottie Potgieter is snaaks (baie), relevant, hartseer (effens)
en Afrikaans op ’n manier wat niks te doen het met nostalgiese
ouderwetsheid nie.
Albert
Maritz se regie wys ’n begrip vir die teks, die gehoor en
die kultuur waaruit Pottie Potgieter spruit – en bowenal vir
wat op die verhoog werk.
Oor
Frank Opperman: Ons weet al lankal die man kan speel. Maar in die
solostuk as die meewarige middeljarige het hy ’n spesiale
nis gevind waar hy tans skitter soos niemand anders, wit of swart,
Afrikaans of andertalig, in die land nie.
DIE
UWE, POTTIE POTGIETER het gepremiere by Aardklop, was daarna
by Carnival City, JHB
|