|

|
PROCARE
- Procare is die vennote van Albert Maritz in sy opvoedingsaksies
sedert 1998. In samewerking met hulle is die amper onmoontlike
vermag: toe 3 musiekteater produksies het 600 000 leerders
bereik het met 3 stukke in Xhosa, Afrikaans en Engels. Procare
haal so die verantwoordelikheid van die Polisie en die Tronke
se skouers af, en bemagtig die GEMEENSKAP.
|


Marietjie Bezuidenhout |
|
SAGTEVRUGTE
PRODUSENTE TRUST – hulle fasiliteer en befonds
die besoeke aan plase en is die spil waarom VIGS-opleiding
vir Plaaswerkers, gaan. Hul bereik hul doel deur musiekteater,
en nasorg vir die gehoor, wat ‘n vrywillige ter plaatse
VIGS toets insluit.
|
|
|
|
|
Die
hotelle hiernaas sorg dat FAAN sit-en slaapplek het op die
reis na die Noorde. En op die manier neem hy sommer ouwêreldse
gasvryheid saam met sy status as akteur-met-legendariese-status. |
ASSEGAAYBOSCH
OORD – FAAN se span is almal met die vliegtuig
na die beeldskone oord buite Oudtshoorn, om almal ‘n
proetjie te gee van die Spesiale Aanbod, nl ‘n vliegtuigrit
soontoe, een nag se oorslaap, en die terugreis – vir
net R600. Net tot die einde van die jaar. Assegaaybosch maak
dit vir die FAAN produksies moontlik om op te tree, want hulle
maak dit vir Paul Eilers moontlik om op te tree. |
|
SANLAM
was die dryfkrag agter FAAN se TREIN se landswye toer in 2005.
Was u by hul glansryke openingsaande vir bestuur, personeel
en kliënte by Durbanville, of by Staatsteater?
“’n
Monumentale aand in ons land se geskiedenis” –
Charles Fourie.
|
|
|
ABSA
was die naamborg vir FAAN by Aardklop 2005, en die openingsaand
was uitsluitlik vir ABSA personeel. Was u by hierdie grootste
belewenis?
|
| STUTTAFORD
VAN LINES ry FAAN se reuse stelle rond teen ‘n
afslag, en met geduld en tegemoetkomendheid.
|
|
| |
PROTEA
hotels – toe Paul vir Leigh Morrison vra of
hulle hom kan huisves in die Kaap by die Tygervallei Protea
Hotel, was haar antwoord “Ja, met Brekfis ingesluit!”
|
KKNK
is vervaardigers van FAAN se TREIN en STASIE, en maak dit
moontlik vir teaterlegendes soos Paul Eilers, Johan Botha,
Johan Malherbe, George Ballot en Chris Fourie, om op die planke
te wees. |
|
|
KUNSTEKAAP
hou FAAN Afrikaanse Teater. FAAN se TREIN en FAAN se STASIE
se opvoerings hier moontlik gemaak deur KUNSTEKAAP. |
Nasionale
Kunsteraad – die FANE het gevra vir R722 000
om om die land te toer na feeste, venues en o.a. gratis opvoerings
te gee vir swart gehore. Hulle het R30 000 toegestaan, en betaal dit 12 maande later stuk-stuk. |
|
|