2008 Robbie Wessels en Sean Else in Môre is 'n Lang Dag
MôRE IS 'n LANG DAG van Deon Opperman premiere by die Innibos fees met Robbie Wessels en Sean Else - onder regie van Albert Maritz.
Dis ook by KKNK 2009.
2008 KOMBUISBLUES open by die Woordfees en speel weer by KLEIN LIBERTAS TEATER as dubbeldoor met ELDERS aan DIENS...met ISADORA VERWEY.
2008 ELDERS AAN DIENS word eur Andries Vrey beskryf as DIE MOOISTE IETS WAT DIE MENS NOG OOIT GEMAAK HET - Spat, Aardklop 2009....met Nicole Holm, Luna en Frieda van den Heever.
2009 VIRRIE VOëLS met David Brink, het pas geopen vir vol sale in Bloemfontein. Albert se regie smee videos, teks, beligting, spel en musiek in 'n hoogs vermaaklike eenheid.
2009 Die launch van IMPRESARIO vir kykNET is op 11 Maart 09 in Dorpstraat Teaterrestaurant. Dieselfde dag is die eerste dag van verfilming vir Albert Maritz, saam met Matt Damon, Morgan Freeman en Clint Eastwood.
2009 TARABOEMDERY deur Chris Barnard, open in Junie 2009 by die Innibos fees...met Milan Murray, Richard van der Westhuizen en Neil Sandilands.
Aangewys as BESTE KUNSTENAARSBYDRAE 2009.
2009 INVICTUS die Clint Eastwood fliek.
2010 ELDERS AAN DIENS en WYK en die MEISIES vir kykNET. |