HOOGTEPUNTE: Albert Maritz regisseer...

Most Popular Production KKNK & AArdklop 2005

Mees Populêre Produksie KKNK & Aardklop 2005



2005 Paul Eilers in Faan se Trein
Hierdie produksie word deur die gehore gekies as die Gewildste Produksie by die KKNK en Aardklop 2005.


2006 Paul Eilers in Faan se Stasie

Stasie en Trein word as dubbel aanbieding by KKNK, Aardklop en talle ander feeste aangebied. Trein beleef 80 opvoerings landwyd. Paul Eilers speel soms beide stukke op een dag, dae aaneen.


2006 Neil Sandilands in Faan se Trein

Sandilands studeer die rol in 'n week in weens Eilers se onbeskikbaarheid.


2007 Frank Opperman in Pottie Potgieter
Frank speel vir 18 maande die show in elke landsstreek, en verfilm vanjaar 'n reeks.


2007 Ian Roberts in Suikerbossie - as David de Lange
Ian open hiermee in Kaapstad, en speel die opvoering by KKNK 08 - in tandem met De La Rey. Dis 'n verwerking van hulle toneelstuk oor dieselfde historiese karakter.


2007 George Ballot in Agterstevoor

Hierdie produksie is maklik die mees opwindende eksperimentele teater nog deur Suid-Afrikaners op die planke gebring. Twee stukke speel na twee verskillende kante, na twee verskillende gehore, terselfdertyd, met die selfde spelers weerskante op die verhoog.

 
2008 Ian Roberts in De La Rey
Ian Roberts se jarelange heldeverering vir De La Rey vind uiting in hierdie opwindende eenmansvertoning
 

2008 Robbie Wessels en Sean Else in Môre is 'n Lang Dag
MôRE IS 'n LANG DAG van Deon Opperman premiere by die Innibos fees met Robbie Wessels en Sean Else - onder regie van Albert Maritz.

   
 
   

Dis ook by KKNK 2009.

2008 KOMBUISBLUES open by die Woordfees en speel weer by KLEIN LIBERTAS TEATER as dubbeldoor met ELDERS aan DIENS...met ISADORA VERWEY.

2008 ELDERS AAN DIENS word eur Andries Vrey beskryf as DIE MOOISTE IETS WAT DIE MENS NOG OOIT GEMAAK HET - Spat, Aardklop 2009....met Nicole Holm, Luna en Frieda van den Heever.

2009 VIRRIE VOëLS met David Brink, het pas geopen vir vol sale in Bloemfontein. Albert se regie smee videos, teks, beligting, spel en musiek in 'n hoogs vermaaklike eenheid.

2009 Die launch van IMPRESARIO vir kykNET is op 11 Maart 09 in Dorpstraat Teaterrestaurant. Dieselfde dag is die eerste dag van verfilming vir Albert Maritz, saam met Matt Damon, Morgan Freeman en Clint Eastwood.

2009 TARABOEMDERY deur Chris Barnard, open in Junie 2009 by die Innibos fees...met Milan Murray, Richard van der Westhuizen en Neil Sandilands.

   

Aangewys as BESTE KUNSTENAARSBYDRAE 2009.

 

2009 INVICTUS die Clint Eastwood fliek.

2010 ELDERS AAN DIENS en WYK en die MEISIES vir kykNET.

 


TERUG NA TUISBLADSY